Afrikaanse stories, artikels, en gedigte:  

Gebasseer op n ware verhaal.

Inleidende gedig:


Mev Venter lê bewusteloos op haar bed; n sagte suiggeluid breek die stilte in die slaapkamer.  

Mev Venter toon geen respons.

Daar is die suig geluid weer.  

Mev Venter lê roerloos dwars oor haar bed.

Op die grond beweeg n klein bondeltjie.

Twee klein armpies swaai en gryp in die lug.

Die klein vasgedraaide klein mensie kan nie meer huil nie.

Dit is dag twee.


Dan ontwaak Mev Venter uit haar diep slaap.

“Waar is my baba?”

Haar liefdevolle hand soek oor haar bed. Hy is weg.

Sy raak angstig.


Dan, kyk sy na die vloer.

“Daar is hy, daar is hy!  Hy het iets in sy mond. O nee!”

Fransie maak sy oë oop as hy sy ma se stem hoor.

Sy mond beweeg in a suig beweging.

Dan swaai sy arms asof hy nie asem kan kry nie.

“Wat is in jou mond?” roep Fransie se ma uit as sy opspring en hom opraap.

Sy is deur die slaap. N diep slaap.


Die stukkie lyn van n bruin klos steek by sy mond uit.

Sy trek die nat gekoude bondel uit haar baba se mond.

Dit is n tossel! Hy het n beddeken tossel in sy mond. Dit is my beddeken se tossel!” gil Mev Venter.

Klein Fransie hyg na sy asem.

“Dank die Vader hy lewe!” sug Mev Venter. 

N bietjie meer: 

Kambro-kind

Sy boek, Kambrokind vertel juis die verhaal van sy grootwordjare in die moeilike tye van die Groot Griep, die Groot Droogte en die Groot Depressie aan die begin van die twintigste eeu (vroee 1900’s).

In tye van rampe, en pandemies kan ons lesse te leer uit die lewe van diè kambrokind.

1# Wees soos n Kambro-plantjie:

Die voorbeeld van die nederige kambro-plantjie wat vars en lewenslustig bly ten spyte van die felste droogte is les nommer een. Moenie dat die situasie jou oorweldig nie.  Bly groen. Moenie op die situasie fokus nie, fokus op God.  Hy is jou reserwe – dit is daardie koel watertjies – dit is daar in jou hart gebêre vir n ‘droogte.’ Daardie gestoorde water – in die groot knoets, net bokant die grond – is genoeg om jou vars te hou al is daar geen ‘water’ of reën nie. Jy kan maande – self jare oorleef – met die water wat Hy gee.

‘Elkeen wat na My toe kom sal nooit dors nie…’

# 2 As jy baie ‘droog’ is en sukkel, lees die Bybel. 

Dit sal jou rustig maak. Maak net eenvoudig die Bybel oop en lees. Lees net. Dit gee HOOP.  Jy sal dadelik voel hoe die water in jou ‘bonkelrige knoets’ meer word. Dan sal jy weet jy kan weke en maande groen bly. As jy om jou – met net woestyn om jou – kyk sal jy lag want jy is groen. Lowergroen... 



               Lees DIEvolle artikel aanlyn: HTTPS://FIVEHOUSEPUBLISHING.COM/2021/05/15/BEDDEKEN-TOSSELS-RED-BABA-SE-LEWE-DIE-KAMBRO-KIND-2/


              BLOEMHOFDAM


Die stokke staan en hang gereed om n grootte op te raap.

Die bakkie se tong hang uit , as hy tog net n blaaskans kan kry.

Bloemhof dam is sy rusplek, ver weg van mielies plant , diesel pomp en Pioneer saad saai.

--------------------------------------------------------

Kerrie-pap, knoffel-pap en eiergeel-bruinbrood-pap is net die ding!

Die groot sterk bruingebrande Vrystaat mielieboer se hande brei, druk en vou die geelpap totdat dit klou dat dit vrek.

Die pap omhels die  hoek “Dit sal vashou vir lewe-en-dood”.

---------------------------------------------------------

Die dam le spieel-glad vanmore uitgesterk en le lui-lekker koel onder die wit vlieswolkies—

Glad soos glas, op die naat van sy rug.

Swaeltjies vliert en skiet onder deur die brug.

Hulle is vrolik en hulle sing:’ “Errie, Theuns en Deon kom lyn natmaak vandag!”   

Hulle kom terg n groot karp en hulle gaan n vet glibberige, oorgewig  barber uitoorle vandag.

--------------------------------------------------------

Die kampstoele kreun en kraak onder die sterk bene van die Vrystaat mielieboere. Die riempiestoel rek en strek...

Die son rasper liggies aan die ietwat skurwe bruingebrande voete. Die swart miertjies inspekteer die growwe groewe.

Die bruin leer sandale sukkel om die wit Zebra-strepe toe te maak. "Donkie met pajamas aan se jy?" skater Errie.

N wit Afrikaner-strook loer versigtig en skaam van onder uit die kortbroek se stywe pyp. "Jy moet sonbrand smeer..."

-----------------------------------------------------------

“ Vandag gaan on groottes vang!’

Die vingerkneukels span spier-wit as die ‘polisieman’ stokstyf trek.

‘Kyk man daar gaan jou stok!”

Die ‘Penn’ en koffiemeule kreun en steun soos hulle trek—en –rol.

Dan skielik sing die katrol van vreugde, “kirrr-kirrr’, “gee hom lyn…”

----------------------------------------------------------

Die groot geel vet karp sny groot-en-klein ovaal sirkels uit die Bloemhof dam se water.

Die stert flap twee,  drie-keer en dan gee hy op.

“Ek het jou, jou vabond!”

Die punt buig gevaarlik en die klein porselein ring protester hewig, “hoekom laat julle my so hard trek?”

Die vabond ruk en trek die  lyn nog n laaste keer…

Die punt van die simfoniekonsert-meester se stokkie swaai nou harmonieus heen-en -weer. Hy is byna aan wal.

-----------------------------------------------------------

Ja, Errie dirigeer vanoggend die dam met daai stok.

“Punt in die wind se ek vir julle..”, en dan lag hy dat dit weergalm oor die stil groot dam water.

Sy hare staan woes en wild in die ligte wind. Sy grys hare wapper van loutere genot. Gooi, katrol, oprol en rol.

"Bring die skepnet man!”

Die bruin leer is nou donker-water-nat. Erie se ronde trekker-sterk kuite staan bulte in die enkel-diep water.

-----------------------------------------------------------

“Hiert jou lekker ding”, lag en skree hy gelyk.

“Dis die ‘custard-pap', ek se vir julle, sit vinning aan!”

-----------------------------------------------------------

Die swart stil swaeltjie stok le geduldig en luister na die kabaal.

Dan fluister die stok saggies: ‘Ek wag vir jou ou baber-maat, vandag gaan ek vir jou n les of twee leer!

N vismik hou sy lewe vas… styf vas, ja hy is vasgepen.

“Los daai stok net daar man!” skree Deon sy bevele uit, “Hy sal hom vat!”

-----------------------------------------------------------

Theuns glip die groot vet glibberige karp in die ‘keep-net’ met n plons. Die geel groot-skub-karp  draai sy stert nog so laaste maal voor hy by sy ander vet maters gaan le en kla.

Theuns vryf sy hande saam in die water — die geel kerrie maak n vrolike ligte geel kol in die modderwater, “Jong ek se vir jou hier is groot karp in die water!”

Die Bloemhof son stoot sy lang warm skerp assegaaie uit—vandag  gaan die son baie water trek.

----------------------------------------------------------

Errie nou wat se jy vandag?  “Ou honde trap nuwe spore…” , skerts hy. Sy oe vonkel ondeund en dan lag hy — jy  sien sy groot, ruim warm Vrystaat—hart, vol van liefde en geluk wat flikker in sy oe.

Sien fotos en luister na n klank opname. PLEK: Bloemhofdam, Vrystaat, Suid-Afrika:

 

Die Beiteltjie (The Stonemason's Little Chisel). 

 

Kort bespreking

Heelwat is al gese oor die gedig, ek sien egter die ‘geskrewe en die gesproke woord’ in die gedig. Dit word vertel, of miskien het hy (Van Wyk Louw) dit self in en rondom sy eie werk vertel, dat die gedig volledig een Kaapse oggend na hom toe gekom het. Hy was te voet op pad universiteit toe, toe die woorde plotseling in sy kop verskyn. Agter sy lessenaar het hy dit in sy geheel neergeskryf. “Die donker naat loop deur my land…” verwys na n politieke tyd waar geweld deel was van Suid-Afrika (apartheid). Aan die einde van die bespreking maak ek n paar opmerkings oor die mag van woorde en politieke situasies.

Van Wyk Louw - dink ek - verwys na die ontwikkeling van sy digkuns en sy skryfwerk in die gedig, en uitendelik verwys hy na die impak daarvan (selfs in die toekoms in het dit n gevolg). Ek wil egter n paar opmerkings maak oor wat ek persoonlik in die gedig sien. Hierdie is n persoonlike interpretasie van wat ek sien wanneer ek die gedig lees. Let wel ek sluit ook n sterk geestelike verwysingsraamwerk, naamlik Die Bybel en God se skeppingskrag in om addisioneel die gedig se diepte te ontgin! Ek fokus op die krag van woorde wat klein begin en wat uitendelik n wereld kan verdeel en in beroering bring. Dit kan ook skep. Met een klein woord en toenemende geloof daaragter kan hemel en aarde geskuif word. Dit is die mag van woorde volgens die Woord! Skrywers het baie mag en soos hulle hul kuns onwikkel - en meer skryf - word hulle meer invloedryk. Met ander woorde hulle ontdek eers die skryfkuns (‘klink die beiteltjie’-toets dit), dan begin hulle om n klein klippie te kloof (begin skryfwerk), daarna kan hulle n groot rots kloof (publiseer), en uiteindelik het hulle die mag om die wereld te beinvloed (kloof planeet in twee, tot verby die sterre). Die werk van skrywers kan ‘weerklink,’ en aanhou tot ‘dwarsdeur’ die sterrehemel.

Dan, met twee goue afgronde

val die planeet aan twee

en oor die kranse, kokend,

verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag

daar anderkant gaan oop

met ‘n bars wat van my beitel af

dwarsdeur die sterre loop.  

GESPROKE WOORD:GOD SE SEKEPPENDE WOORDE VERGELYK MET DIE WOORDE VAN DIE MENS

Terselfdertyd, wil ek n parrallel trek tussen die mens en die Skepper (Yahweh) se Woorde. Let wel die Vader skep die kosmos met sy mond (ons skep ook met ons woorde): “Laat daar Lig wees, en daar was Lig.”(Genesis 1). Toe die Skeppings-Woord gespreek word is dit net n klank (‘ek kap hom en hy klink’), dan vorm dit n konsep, die konsep word n voorwerp, die voorwerp kry dan n instruksie (deur die gedagte van die Vader) en dit begin om data te analiseer, en te interpreteer. Dit gaan voort om n kode te onvang en dit word dit wat deur die spreker in sy/haar geestesoog gesien word (DNA word toegevoeg). Net so skep die mens met sy woorde! Die skrywer sien n konsep (idee), hy/sy spreek dit - en hy/sy skryf dit neer - die woorde gaan voort en skep...Byvoorbeeld die gedig wat ons hier bespreek “Die Beiteltjie.” Dit het in die gedagte van Van Wyk Louw begin...en sien hoeveel jare later lees ons dit nog steeds en word dit steeds bespreek!  

Lees meer:


Ringetjies in die Bos - Malinda Van Zyl

Inleiding

AFRIKAANSE GEDIG: In hiedie gedig vat Malinda haar liefde vir haar ma Lizzia vas. Malinda, as n jong dogter, het baie sorgvrye ure  in die bos op hul  familieplaas deurgebring. Sy skep unieke verbintenisse met die sinistere bos en haar ma. Sy gebruik onder andere die geregte wat haar ma met soveel liefde voorberei het. Die bos op hul plaas - Doringkuil - was die plek waar sy as jong dogter gespeel het en baie onskuldige drome uitgeleef het. Haar sterk verbeeldingrykheid en artistiese talente, glo sy, was in die bos ontwikkel. In die bos het baie kinderdrome waar geword. In die gedig beskryf sy haar ervaringe in die bos en haar ‘artistieke’ danse op die melkstal se yster relings. Sy vleg ‘pragtige’ juwele ... 
Plek: Doringkuil, Hoopstad/Bloemhof area, Republiek van Suid-Afrika.  


EERSTE VERS VAN DIE GEDIG:


Die kopseerplant , se hul, het die fynste, dunste geweefde drade

My mooiste drome word vinning om my fynste vinger gedraai, die kopseerplant maak dit skielik waar

Die fynste, langste, sensitiewe spinnedrade spin-en-spin n sprokie in die silwer bos

Hulle hardloop vinning om my kleine ring-vingertjie, om-en-om-en-om…

Die oor-loop-weef gaan met die ligste draadjies fyn sommer net so om my gewrig,

vinning weef dit arm-vir-arm juwele wat grootmens-lewe kry

My kinder-juwele is veilig verdoesel in die digte gelukkige-bos; die maan hou snags wag…

Geregte van Lizzia gemeng met goeie herrineringe:

Skaapkop – My ma se bemoedigende woorde versterk my (klippe in die bos)  

Herderspastei—Haar arm beskerm my teen wolwe en ongediertes, by haar is ek veilig (sag, baie sag in die bos) .

Macaroni-en-kaas gereg—sy maak my so gelukkig! (sy berispe my)

Skaap lewer toegedraai in netvet (vet muise)—Die lekker van my ouerhuis naweke, weg van die skoolkoshuis  (my ma se strelende bemoedigende hande)

Kerrie afval—my ma kan toor met afval stukkies (sy kom vorendag met iets nuuts elke keer)

Jan Ellis poeding (karamel)—die lekker sondagmiddag ete by die huis met vriende en familie (my ma die hoogtepunt)

Piesang frikkadelle—soet by sout, so interresant (my ma se interresante sin vir humor)

Beestong in mostert sous—teregwysing met n sterk direkte  voorstel  (my ma se teregwysing en haar goeie raad)

Karringmelk beskuit—Die lekker lang kuier en diep gesprekke met baie lag en grappies maak (lekker lag saam met my ma).

Ingelegde perskes, vye en waatlemoenstukke—my ma maak my lewe soet, sy maak my so gelukkig (die soet bemoedigende woorde van my ma)

Vark kaiings—somtyds gooi die lewe n suurlemoen ons kant toe (al werk dinge nie nou uit nie, dit is wat ons daaruit leer wat later lekker proe)

Karmenaadjie (rou-vleis-geskenk aan iemand)—ons kar kreun as ons wegry van my ouerhuis, gelaai met sakke vol vleisliefde en geliefde kossies (die nimmereindigende vrygewigheid van my ma en pa)            

Brood met aartappel suurdeeg—my ma beplan en sorg vir my elke oomblik van die dag (ek kry my daaglikse brood van my ma…)